Submitted by Visitor (not verified) on Thu, 17/11/2011 – 10:43
Year A (2010-2011)
Bible Book: Genesis
Chapter: 2
Verse: 18 – 24
Teks: Genesis 2: 18-24

Gen 2:18 – 24 beskyf hoe God Adam en Eva vir mekaar gegee het. Hier ontdek ons ‘n belangrike aspek van ons menswees: ons is nie enkel-wesens nie, maar mede-mense. Ons behoefte aan gemeenskap is nie bloot ‘n seksuele drang nie – dit is deel van ons mens-wees.

Wanneer ons Gen 2:18 – 24 in ons tyd met mekaar saam lees, sal ons noodwendig erns moet maak met ons behoefte aan gemeenskap en saam daarmee met ons seksuele behoeftes. In ‘n tyd waar seks ‘n alledaagse en openbare aangeleentheid is, kan ons (=kerk; gemeenteleiers; christen-ouers) nie daaroor swyg nie. Dié Leesrooster teks is ‘n gulde geleentheid om op ‘n “natuurlike” manier oor die mens as gemeenskapswese en seksuele wese te praat.

Wanneer ons na die skeppingsverhaal luister, ontdek ons hoe hierdie aspekte van ons menswees deur die sonde bederf is. Dat seks die oorsaak van soveel gebroke harte is, is die hartseer gevolg van ons sondige (=selfsugtige) natuur. Dat seks die draer van STI’s (seksueel oordraagbare infeksies) geword het wat soveel lyding veroorsaak, is ook die hartseer gevolg van ons sondige (=selfsugtige) natuur. Dit beteken dat MIV en vigs, wat ‘n STI is en soos ‘n veldbrand versprei, ook die hartseer gevolg van ons sondige (=selfsugtige) natuur is.

Daarom is die vigspandemie ‘n tyd om te bely en nie om te veroordeel nie. Iemand het eenkeer gesê: “AIDS is not a judgment on those who have it, but on those who pass by on the other side.”

Dit is ook ‘n tyd waarin ons dringend moet leer wat ons mede-menslikheid beteken. Dit is tog wat Jesus ons kom leer het…

Author: du Toit N (Ds)
Language: Afrikaans

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *