NULL
Bible Book: Matthew / Matteus
Chapter: 1
Verse: 1
Verse (to): 0

Matteus 16:13-20

Hierdie Skrifgedeelte, wat die eerste openbare belydenis van die dissipels dat Jesus die Christus is, vertel, is wel bekend. Daar is al baie oor die inhoud van Petrus se belydenis (vers 16) sowel as Jesus se verklaring dat Hy sy kerk op “hierdie rots” (vers 18) sal bou, gesê. Wat my geïnteresseer het toe ek die gedeelte weer gelees het, is wat hier op die vlak van verhoudinge gebeur.
Hoewel Jesus hierdie gesprek met ‘n vraag oor wat die mense sê (vers 13), inlei, bring Hy onmiddellik die fokus terug na die groep volgelinge rondom Hom. Die belangrike vraag handel nie oor “die mense” nie. Dit is: “‘Maar julle,’ het Hy gevra, ‘wie, sê julle, is Ek?’” (vers 15).
Tog bly die fokus nie op die klein groepie volgelinge nie. In vers 18 vertel Jesus van die kerk wat Hy sal bou. Hierdie klein groepie sal groei. Baie sal bygevoeg word. Hoewel dit nog nie die regte tyd is nie (vers 20), sal die tyd gou kom wanneer hulle “die sleutels van die koninkryk van die hemel” (vers 19) sal gebruik om baie in Jesus se kerk te versamel.
Deur sy dissipels tot ‘n belydenis van hulle geloof in Hom uit te nooi, bring Jesus hulle in ‘n nouer en meer persoonlike verhouding met Hom. Hy ken hulle goed en hy weet dat Petrus foute het en dat daar teleurstellings sal wees, maar Jesus omhels hom. Wat Petrus bely, mag vatbaar wees vir misverstand, maar Jesus aanvaar dit as ‘n openbaring van sy Vader in die hemel (vers 17). Deur hom “rots” te noem, bevestig Jesus hom in hierdie eerste treë van die geloof met die einde daarvan in gedagte.
Petrus is inderdaad geseënd (vers 17a) – not because of who he is, but because of what Jesus has done. Not because of what Peter has done, but because of who Jesus is. (Vrylik aangehaal uit die lied “Who I am” van Casting Crowns. Vergelyk  http://www.azlyrics.com/lyrics/castingcrowns/whoami.html )
Om oor na te dink (of te bespreek): Waarom is dit so moeilik om iemand wie se foute jy ken of wat jou teleurgestel het, te omhels? Is dit moontlik om mense met die liefde van Jesus te omhels
Author: N du Toit (Ds)
Language: Afrikaans

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *