NULL
Bible Book: Matthew / Matteus
Chapter: 6
Verse: 11
Verse (to): 16

Teks: Matteus 6:11-16

Met drie kort versoeke tot ons Vader nooi Jesus sy dissipels om met hulle basiese behoeftes na God te kom.
Wat mense as hulle (drie) basiese behoeftes beleef, sal waarskynlik baie van Jesus se “kortlys” verskil. Dit spreek vanself dat Jesus se “kortlys van ons behoeftes” nie ‘n volledige lys is nie. Wat ek vandag as dringende behoefte beleef, mag ek sekerlik daar byvoeg. Mens sou ook kon sê dat elkeen van hierdie bedes ‘n groter spektrum van behoeftes verteenwoordig.
Tog is dit sinvol om erns te maak met die drie bedes of versoeke soos Jesus dit formuleer. Die bede om brood, vergifnis en bewaring van die bose ontbloot ons afhanlikheid van God. Vir ons wat skynbaar daarin slaag om in ons eie behoeftes te voorsien, word hierdie bedes ‘n leerskool waarin ons ontdek hoe afhanklik ons werklik van ons Vader is. Amper soos die stadskind wat op die plaas kom en wanneer hy sien hoe ‘n koei met die hand gemelk word opmerk: “Ons het gelukkig nie koeie nodig nie, want ons melk kom in plastiek houers”.
Die drie bedes om basiese behoeftes in Matteus 6:11-13 herinner ons ook daaraan dat daar steeds mense is vir wie hierdie bedes ‘n gebed om oorlewing is. Die impak van die vigspandemie het tot gevolg dat hierdie groep mense vandag baie meer is as ‘n dekade of twee gelede. Vigsstatistiek vertel van meer en meer mense vir wie gesonde kos lewensnoodsaaklik geword het en vir wie versoening ‘n pynlik gemis is.
Wanneer Jesus ons leer om vir ONS behoeftes te bid, mag ons tog nie hierdie broers en susters in ons gebede vergeet nie.
Author: N du Toit (Ds)
Language: Afrikaans

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *